Die Heuwels Fantasties se vyfde album, OKAY!, is uit en hier is hul nuwe musiekvideo: Koeëlbaai.
Een van die eerste enkelsnitte op die album wat reeds op radio gehoor kan word is die liedjie Koeëlbaai in samewerking met die bekende kletsrymer, JR. Kyk die video hier:
“Koeëlbaai is ‘n spesiale liedjie vir ons”, vertel Hunter Kennedy. “Janine Neethling het die klavier meesterlik bespeel en sodoende vir ons die maatstaf verhoog. Dit is ons almal se gunsteling liedjie op die album. Dit vat ons manifes vir die album goed saam. Eenvoud. Ongerepeteerde emosie. Organies. Ons het vir JR gemis en gedink dat die liedjie ‘n kort kletsrym vers nodig het. Hy is die beste en sy geniale sin vir melodie het die liedjie na verdere hoogtes geneem. Op die oppervlak gaan die liedjie oor die emenslike neiging om die persoon op wie jy verlief is te wil verander en red. Koeëlbaai en Alpha Centauri is simbole vir die hoogtes en laagtes in ‘n romantiese verhouding. Vir my persoonlik is daar wel ander vlakke aan die liedjie en gaan dit oor versoening, oud raak en aanhou, al voel dit asof alles ineenstort”.
OKAY! is nou landswyd beskikbaar by alle goeie musiekwinkels op iTunes. Die album en Vinyl kan ook by www.suprashop.co.za bestel word.
Volg Die Heuwels Fantasties op sosialemedia:
Facebook: https://www.facebook.com/dieheuwels/?fref=ts&ref=br_tf
Twitter: @DieHeuwels
Instagram: @DieHeuwels
YouTube: http://www.youtube.com/user/dieheuwels
SoundCloud: https://soundcloud.com/dieheuwels
Webblad: www.dieheuwels.co.za