André Schwartz se nuwe musiekvideo – Tweede Kans is pas vrygestel! Loer hier na die nuwe musiekvideo
Die konsep agter hierdie meesterstuk was ’n spanpoging deur Leo en André en die inspirasie daarvoor het gekom toe hulle na ou foto’s gekyk het wat dié musieklegende onlangs opgespoor het uit sy jonger dae. Die idee daaragter, is om te reflekteer en te projekteer en half nostalgies terug te kyk na die dinge van die verlede en hoe dit jou na nuwe hoogtes dryf en jou lewenspad beïnvloed.
TWEEDE KANS is vroeër vanjaar aan die publiek vrygestel en die reaksie was oorweldigend goed. Dit kry reeds gereelde speeltyd op van die land se grootste radiostasies en was op die Top 10 van verskeie treffersparades. Dis ook aanlyn beskikbaar op iTunes en Joox (kode: AndreSchwartz).