Ons het agter die skerms by Angelique se Vrouekeur-voorbladfotosessie ingeloer en 13 vinnige vrae aan haar gevra.
Angelique beskryf haarself as eerlik, passievol en lojaal. Sy het onlangs ma geword en is tans besig met haar eie werklikheidsreeks, Angelique & Jr. wat kykers ’n binnekykie gee in haar nuwe rol.
Deur: Dané de Klerk
1. Waar is jou gunstelingplek in die wêreld?
My bed!
2. Wat is een ding waarsonder jy nie kan lewe nie?
My selfoon
3. Tee of koffie?
Koffie
4. Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Hou op om skuldig te voel!
5. Wat is jou gunsteling fliek?
Black Swan
LEES OOK: Maak Angelique Gerber se Cordon bleu-hoender
6. Gunsteling TV-reeks?
Ally McBeal
7. Gunsteling drankie?
Wyn
8. Wat krap jou om?
Mense wat oneerlik is
9. Beskryf jouself in drie woorde
Eerlik, passievol & lojaal
10. Wat is iets wat min mense van jou weet?
Ek is maar ’n oop boek, daar is min dinge wat mense nié weet nie, maar ek kan nie sonder slaap funksioneer nie!
11. Waar is jy gebore?
Johannesburg
12. Daar is niks mooier as…
… ’n baba se lag
KYK OOK: Agter die skerms: 6 vrae aan Jay en Mia du Plessis
13. Daar is niks lekkerder as…
… om my baba se voete te soen nie.
Loer hier na ’n agter die skerms video