Agt vrae aan Emo Adams, wie se realiteitsreeks, Maak my famous, tans op die kassie is:
1. Staan jy party dae voor die spieël en wonder hoe het jy hier beland? Is dit beter as waarvoor jy kon vra?
Nee, ek staan nie op en kyk in die spieël en wonder nie; ek weet presies hoe ek hier gekom het: dis deur perseverance en harde werk. Nothing in life that is worth fighting for, is sommer net verniet verkry nie. Daar is altyd ’n prys om te betaal en daardie prys is harde werk. Dis die dissipline en mantra waarmee ek grootgeword het. En ek wil vir die laities in die kompetisie dit leer, as jy hierdie kompetisie gewen het, beteken dit nie jy is kwaai nie, nee. Dit beteken net jy is kwaai in hierdie kompetisie; dan moet jy jouself nog in die entertainment world gaan bewys.
2. Hoekom het jy opgehou met Jou show met Emo wat jy saam met Wicus van der Merwe aangebied het?
Ons was tien jaar lank op die lug gewees. Die proof is in the pudding. Daar was goeie dramas op kykNET daardie tyd en met my show kon mense net terugsit en lag, ons resep was net so anders as die gewone geselsprogram, maar ons het ook nuwe talent op die show gebreek. Ons oor was op die grond. Jou show was die een platform waar ons oop was om enigiemand te nooi.
Ek weet nie hoe dit gebeur nie, maar my lewe loop in tien-jaar-sirkels, van David en Taliep in die teater, die boyband en Jou show. Jy weet jy kom op ’n plek, dis nou genoeg, ek moet iets anders doen, dat ek kan groei.
3. Wat motiveer jou?
Familie, my geloof in hierdie ons land, die potensiaal oor waar ek dink ons kan wees. En wat ek die meeste geniet, is om mense verkeerd te bewys. En natuurlik dat die moontlikhede altyd eindeloos is.
4. Wat is in jou beursie?
Daar is niks in my beursie nie, want ek het nie ’n beursie nie. Ek het ’n kredietkaart, my medical card en my driver’s licence. Ek hou nie cash op my nie. Wie ook al my wil rob, gaan baie teleurgesteld wees.
5. Daar is gerugte dat jy Noot vir noot se nuwe aanbieder gaan wees?
Martin Bester het my eendag gebel en vir my paar voice notes gespeel van mense wat wil hê ek moet Noot vir noot aanbied en ek het gedink that’s so kwaai. What an honour it will be. Maar die flipside is dan, dis amper soos om te sê; Wie vat oor van Riaan Cruywagen? Dis difficult shoes to fill.
6. Jy het 65 200 volgelinge op Instagram en meer as 220 000 volg jou op Facebook. Is dit moeilik om so ’n openbare lewe te lei? Hoe beskerm jy jou kinders?
Ek was op ’n plek waar as iemand k*k kommentaar gee, breek jou hele wêreld, maar nou is ek oukei. As dit gebeur, is ek oukei. Ek wil nie my kinders protect nie, want die wêreld is nie is nie ‘n plek waar hulle nie gaan seerkry nie; hulle gaan seerkry. Ek is baie oop met my laities; dis hoe ek is met hulle. Ek probeer hulle nie baby nie. Die mense wat vir my follow is loyal followers. Emo followers is amazing. En ek weet dit, want laas jaar toe ek my Emo30-konsert gehou het, het ek’n maand voor die show 5 500 kaartjies uitverkoop. Ek het nog probeer om goedkoper kaartjies te maak, maar dis die R450-kaartjies wat eerste uitverkoop het. Mense volg jou as kunstenaar en ’n talent, maar ook hoe jy as pa ontwikkel, so dis net die goed wat ek op Facebook wil sit, wat ek plaas, want ek beheer dit. En my vrou hanteer hierdie tipe trolls baie goed.
7. Wat is die mooiste ding wat jy in jou broer bewonder?
Ek en my broer het ’n baie weird relationship. Ons ken mekaar só goed dat ons somtyds net na mekaar kan kyk sonder om te praat en then we had a whole conversation. Ek en hy het ’n show gehad, Brother Love, wat so suksesvol was, dat ons Brother Love2 moes skryf. Ek kan ’n teks skryf sonder dat hy by is, maar dit sal lyk en klink of hy by my was, omdat ek sy maniërismes so goed ken.
8. Wat was die beste raad wat jy nog by jou ouers gekry het?
Sjoe. Jou ouers leer jou jou hele lewe, so daar is ’n hele lewe van dinge wat my ouers my geleer het. En die mens wat jy is vandag, is maar die reflection van wat jou ouers jou geleer het, so dan het hulle my flippen baie geleer, as ek dink ek het oukei uitgedraai.