Agt vrae aan Hannes van Wyk, anker-aanbieder van Kwêla en tans ook in Spoorloos, te sien:
1. Wat weet min mense van jou?
Dat ek op skool baie goed tennis gespeel het. My loopbaankeuse was tussen tennis en drama. En ook, dat ek mal is oor binnenshuise versiering en eintlik kwaai en puntenerig is, as ding nie regloop nie.
2. Wat lê op jou bedkassie?
Boeke en nogmaals boeke. Ek lees twee of drie boeke gelyk en lees natuurlik baie vir navorsing vir Kwêla.
3. Watter lewensfilosofie hang jy aan?
Lag baie.
4. Wie inspireer jou die meeste?
My ma. (Doen jouself ‘n guns en maak Hannes se ma se souttert. Dit is een van ons gewildste resepte! Klik hier vir die resep)
5. Vir watter onderhoud was jy nog die bangste of meeste op jou senuwees?
Ek het maar altyd skoenlappers, maar is nooit bang nie. Ek glo as jou voorbereiding goed is, kan enige onderhoud werk.
6. Was daar een onderhoud wat jy gedink het nie gaan gebeur nie, maar tog het? Sukkel jy om mense te oortuig om voor die kameras te praat?
Ek dink (dankie tog) dat mense my vertrou en weet ek is net daar om hulle te help om hulle storie te vertel en nie vir sensasie nie.
7. Het jy al gedink aan ’n boek met jou onderhoude oor die jare, amper iets soos Ruda Landman se boek wat vroeër vanjaar verskyn het?
Ek het nog nie, maar noudat jy dit noem …