Het jy geweet dat Pieter Koen ’n oogarts wou word toe hy klein was? Ons het 10 vinnige vrae aan Pieter en Lotie gevra PLUS kyk nog foto’s
1. Gunstelingkos?
Lotie: Beesstert
Pieter: ‘n Tjoppie of kerriehoender
2. Gunstelingfliek?
Lotie: Enige “chick-fliek” soos Me before you
Pieter: Shawshank Redemption
Maak Pieter Koen se biltongpot. Klik hier vir die resep
3. Gunstelingdrankie?
Lotie: Steelworks
Pieter: Whiskey en water
4. Vertel vir ons iets wat ons nie van jou weet nie?
Lotie: Ek het ‘n tatoe op my rug
Pieter: Ek het OCD! Alles moet op sy plek wees.
5. Wat krap jou om?
Lotie: Skynheiligheid
Pieter: Negatiwiteit
6. Een ding waarsonder jy nie kan lewe nie?
Lotie: Oefening. Ek sal nooit ‘n “couch potato” word nie.
Pieter: ‘n Houtvuurtjie, braai, tye saam met familie en vriende.
7. Hoe ontspan jy?
Lotie: Met ‘n massering
Pieter: As ek voor die TV op die uitskopstoel lê!
LEES OOK: Ons gesels met Pieter Koen
8. Gunstelingplek in die wêreld om na te reis?
Lotie: Enige deel van Europa of enige eiland.
Pieter: Australië
9. Wat wou jy geword het toe jy klein was?
Lotie: Lugwaardin
Pieter: Oogarts
10. Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Lotie: As jy nooit gaan vra nie gaan die antwoord altyd “nee” wees.
Pieter: Moenie ‘n onderneming met vriende en familie begin nie.