Ons het vir Lianie May 10 vinnige vrae gevra om uit te vind wat haar gunsteling kos, fliek, drankie (en nog ’n paar dinge) is.
Deur: Dané de Klerk
1. Gunsteling fliek?
Facing the giants
2. Gunsteling TV reeks?
Daar is baie – Suits, Grey’s Anatomy, Game of Thrones, 30 reasons why, Nashville
3. Gunsteling drankie?
Droë wit- of rooiwyn
4. Gunsteling kos?
Boerekos en soesji
5. Waar is jy gebore?
Ek is op Vereniging gebore en het op ‘n plaas 13km buite Oranjeville grootgeword.
6. Beskryf jouself in drie woorde?
Hardwerkend, nederig, geselserig
7. Hoe ontspan jy?
Ek kyk TV-reekse en ek en Barry gaan stap baie op die plaas.
8. Een ding waarsonder jy nie kan lewe nie?
My familie en Barry
9. Wat wou jy as kind geword het?
Ek wou nog altyd gesing het – ek sing al vandat ek so vier/vyf jaar oud is. As ek nie gesing het nie sou ek ‘n ranger gewees het.
10. Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Wees jouself en wees getrou aan jouself. Moenie dink jy’s beter as ander mense nie en moenie iemand oordeel as jy nog nie ‘n myl in hul skoene geloop het nie