Kleurskemas van pienk en blou. Lees ons 11 Julie uitgawe vir meer
Deur Natasha Van Wyk
1 Ek kleur gereeld my hare en elke nou en dan kry ek daardie ‘grasdak’ gevoel as ek my droë punte kam. Ek kan nie genoeg produkte op my haredos gebruik nie! Die INOAR Professional BB Cream- reeks bestaan uit sjampoe, opknapper, ‘n in-los produk, haarmasker en ‘n haarolie. Probeer die BB Cream Travel Kit vir R400. Die Beauty Balm gier behels ‘n alles-in-een idee en hierdié reeks is beslis alles-in-een. Ideaal om lokke gesond en sysag te hou. Besoek www.inoar.co.za
2 Nagrome is ‘n moet op elke spieëltafel. Neutrogena Deep Wrinkle Night Moisturizer, R149,95, is ‘n goeie keuse omdat dit beide hialuronsuur en retinol bevat wat fyn lyne invul en velvlekke verdoesel. Laat jou vel die werk doen terwyl jy slaap!
3 Onthou om altyd jou grimering af te haal voor jy gaan slaap. Moet nooit aan jou oë trek nie, tik eerder ‘n bietjie Like Silk Eye Make-Up Remover, R39,99, op ‘n bolletjie watte en druk liggies op jou oë totdat die grimering af is. Dit neem dalk langer, maar jou plooi-vrye voorkoms sal jou in later jare bedank!
4 Koel en lieflik. Essence My Skin Moisturizing Cream-Gel, R34,95, Clicks, is verfrissend en vars en boonop olievry. Vat dit saam werk toe. Dis heerlik as ‘n tussen-in gesigroom om droë vel op te knap, veral in die winter.
5 Eksperimenteer met kleur. Moenie bang wees om naelpolitoer in helder, lewendige kleure aan te skaf nie. Dis nou die tyd om iets nuuts te probeer want helder is hoogmode. Sally Hansen Complete Salon Manicure in New Wave Blue, R99,95
6 Die droë, koue wintermaande is altyd harder op jou vel. Dit benodig meer vog en ekstra aandag. Gebruik ‘n gesigroom spesiaal vir droëer velle wanneer die temperatuur begin daal. Garnier Hydra Match Dry to Very Dry Skin, R69,95
7 Plat, lewelose hare is nie lekker nie. Op lelike-hare-dae is ‘n goeie haarsproei ‘n lewensredder. Marc Anthony Oil of Morocco Volume Shine Hairspray, R129,99, Dis-Chem gee hare ‘n volume hupstoot terwyl die arganolie jou hare voed.
8 Ek kan nie sonder ‘n lipsalf klaarkom nie. Blistex Simple and Sensitive Lip Moisturizer, R45, bevat net ses bestanddele. Geen geur of kleur nie! As jy sensitiewe lippe het kan jy gerus hierdie hipoallergeniese lipsalf probeer.
9 Ek hou daarvan om vinnig ‘n lipglans aan te smeer as ek nie my hele grimeerde gesig ‘aan’ het nie. Dis net genoeg grimering om ‘n vaal voorkoms op te kikker. Catrice Infinite Shine Lip Gloss in Pink Twice, R39,95
10 Die Griekse skoonheidsreeks, Korres, is een van my gunstelinge. Dié produkte ruik besonder lekker en is van ‘n baie hoë gehalte. Jy kan voel hoe dit werk die oomblik wat jy dit aansmeer. My topkeuses in hierdie reeks is: VAN LINKS Korres Wild Rose 24 HR-Moisturising Cream for Oily/Combination Skin, R330, Wild Rose Brightening & Line Smoothing Serum, R495 en die Pomegranate Cleansing Mask, R95. Beskikbaar by Edgars
11 ’n Parfuum vir elke dag. Gossip Girl XOXO Eau de Toilette, R295 vir 50ml, Edgars, is lig en vrolik. Die blommereuk is net soet genoeg om nie oorheersend te wees nie en die vanielje, wit sjokolade en muskusgeure wat agterbly na jy die vertrek verlaat is heerlik.
SOURCES
Foto’s Andrea Caldwell en verskaf