Hier is vier maklike patrone vir skoene vir ’n pienkvoetwat jy in verskillende groottes kan brei
Deur: CHRISTA SWANEPOEL
Benodigdhede
1 x 50 g-bal vir elke paar in SIRDAR SNUGGLY TINY TOTS of enige DK-draad waarmee jy dieselfde spanning kry E en paar elk 3,25 mm- en 4 mmbreinaalde vir groen, blou en pienk skoentjies E en paar 4 mm-naalde en 2 knopies vir wit skoentjies
Mate
Om ouderdom te pas van: 0-6(6-12mde;1-2j) Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.
Spanning
Groen en pienk skoentjies – 22 ste en 28 rye = 10 cm oor ks met 4 mm-naalde Blou en wit skoentjies – 21 ste en 40 rye = 10 cm oor ks met 4 mm-naalde
Afkortings
alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin dnv – draad an voor gl1 – glip 1 steek regsgewys gl1aw – glip 1 steek aweregsgewys herh – herhaal omslag1 – glip volgende steek op regterkantste naald en neem draad na teenoorgestelde kant van werk tussen naalde deur, glip dieselfde steek terug op linkerkantste naald oorbl – oorblywende pat – patroon r – regs r1onder – regs in onderste steek R(V)K – regte(verkeerde) kant R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor st(e) – steek(steke) tes – tesame tgso – trek glipsteek oor vermin – verminder vermeer – vermeerder vlg – volgende
Wit skoentjies
Met 4 mm-naalde en duimmetode stel 12(14;16)ste op. 1ste ry: r. Hierdie ry sal nou na verwys word as rs (reksteek). Werk in rs (deurgaans), gaan soos volg voort: Werk 3 rye, vermeer 1 st aan weersk van elke ry. 18(20;22)ste. Vlg ry (toonpunt): r11(10;11), omslag1, draai. Vlg ry: r tot einde. Werk oor al die ste vir nog 2 rye. Vir slegs 2de en 3de groottes Vlg ry: r(15;17), omslag1, draai. Vlg ry: r tot einde. Werk oor al die ste vir nog 2 rye. Vir al 3 groottes Vlg ry: r11(10;11), omslag1, draai. Vlg ry: r tot einde. Werk oor al die ste, werk 4 rye, vermin 1 st aan weersk van 2de en elke vlg ry. 12(14;16)ste. Vlg ry: r tot einde, stel 4(5;6)ste op (hak). 16(19;22)ste. Vlg ry: r tot laaste 2 ste, vermeer in vlg st, r1. 17(20;23)ste. Werk 4(4;6)rye, vermeer 1 st aan toonkant in vlg en elke vlg alt ry. 19(22;26)ste. Werk 3 rye, vermeer 1 st aan toonkant in vlg en vlg 2(2;0)de ry, TERSELFDERTYD, vermin 1 st aan hakkant in vlg en vlg alt ry. 19(22;25)ste. Vlg ry: heg 6(7;9)ste af (daar sal 1 st op naald oorbly), r2, gl hierdie 3 ste op haakspeld, heg 2(3;3)ste af (1 st sal op naald oorbly), r tot einde. 8(9;10)ste. Werk slegs oor oorbl 8(9;10) ste, gaan soos volg voort: Werk nog 10(10;14)rye sonder om te vorm. Vlg ry: r tot einde van ry, stel 11(13;15)ste op (hak). 19(22;25)ste. Werk 3 rye, vermin 1 st aan toonkant in 1(1;3)de en vlg 2(2;0)de ry, TERSELFDERTYD, vermeer 1 st aan hakkant in 2de ry. 18(21;25)ste. Werk 4(4;6)rye, vermin 1 st aan toonkant in 2(2;1)e en elke vlg alt ry, TERSELFDERTYD, vermeer 1 st aan hakkant in 1ste ry. 17(20;23)ste. Vlg ry: r2tes, r tot einde. 16(19;22)ste. Heg oorbl 16(19;22)ste af. Bandjie Met RKV heg draad aan 3 ste op haakspeld en werk 11(11;13)rye in rs. Vlg ry: r1, dnv, r2tes. Werk 2 rye in rs. Heg af.
Om te voltooi
Met buiterand aan RK vir linkerskoen en buiterand van VK vir regterskoen, werk hak toe. Met naat in middel van sool agter, werk skoen eweredig om sool en laat toe vir effense ryg aan voorkant. Werk knope aan.
Blou skoentjies
Met 3,25 mm-naalde stel 21(25;29)ste op. 1ste ry: r. 2de ry: r1, tel lus op tussen laaste en vlg st en werk agter in hierdie lus (dit sal nou na verwys word as m1), r9(11;13), m1, r1, m1, r9(11;13), m1, r1. 25(29;33)ste. 3de ry: r. 4de ry: r1, m1, r10(12;14), m1, r3, m1, r10(12;14), m1, r1. 29(33;37)ste. 5de ry: r. 6de ry: r1, m1, r11(13;15), m1, r5, m1, r11(13;15), m1, r1. 33(37;41)ste. 7de ry: r. 8ste ry: r1, m1, r12(14;16), m1, r7, m1, r12(14;16), m1, r1. 37(41;45)ste. Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort: 1ste ry: r. 2de ry: r1, *aw1, r1onder, herh van * tot laaste 2 ste, aw1, r1. 1ste en 2de rye stel pat vas. Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) vir nog 10 rye. Vorm middelvoet 1ste ry: pat22(25;28), pat2tes, draai. 2de ry: gl1, pat 7(9;11), pat2tes, draai. Herh 2de ry nog 8(10;12)keer. 27(29;31) ste. Vlg ry: gl1, pat tot einde. Met 3,25 mm-naalde gaan soos volg voort: 1ste ry: r1, *aw1, r1, herh van * tot einde. 2de ry: *aw1, r1, herh van * tot laaste st, aw1. Herh 1ste en 2de rye nog 10 keer. Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk voet en agterste naat toe, maar aan verkeerde kant vir omslaan.
Pienk skoentjies
Werk soos gegee vir groen skoentjies tot ** Herh 1ste en 2de rye nog 8 keer, dan 1ste ry nog 1 keer. Vlg ry: r tot einde, vermeer 2 ste eweredig oor ry. 32(36:36)ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: r. Vlg ry: heg 2 ste regsgewys af, *gl oorbl st op regterkantste naald oor op linkerkantste naald, stel 2 ste op, heg 4 ste regsgewys af, herh van * tot einde. Heg af.
Om te voltooi
Werk voet en agterste naat toe, maar aan verkeerde kant vir omslaan.
Groen skoentjies
Met 3,25 mm-naalde stel 23(27;31)ste op. 1ste ry: r. 2de ry: r1, tel lus op tussen laaste en vlg st en werk agter in hierdie lus (dit sal nou na verwys word as m1), r10(12;14), m1, r1, m1, r10(12;14), m1, r1. 27(31;35)ste. 3de ry: r. 4de ry: r1, m1, r11(13;15), m1, r3, m1, r11(13;15), m1, r1. 31(35;39)ste. 5de ry: r. 6de ry: r1, m1, r12(14;16), m1, r5, m1, r12(14;16), m1, r1. 35(39;43)ste. 7de ry: r. 8ste ry: r1, m1, r13(15;17), m1, r7, m1, r13(15;17), m1, r1. 39(43;47)ste. Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort: 1ste ry: r. 2de ry: aw. Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as ks (koussteek). Werk in ks (deurgaans) vir nog 8 rye. Vorm middelvoet 1ste ry: r23(26;29), gl1, r1, tgso, draai. 2de ry: gl1aw, aw7(9;11), aw2tes, draai. 3de ry: gl1, r7(9;11), gl1, r1, tgso, draai. Herhaal 2de en 3de rye nog 3(4;5)keer. Vlg ry: gl1aw, aw7(9;11), aw2tes, draai. 29(31;33)ste. Vlg ry: gl1, r tot einde. Vlg ry: aw14(7;16), m1, (aw8, m1)0(2;0) keer, aw15(8;17). 30(34;34)ste. Met 3,25 mm-naalde gaan soos volg voort: 1ste ry: *aw2, r2, herh van * tot laaste 2 ste, aw2. 2de ry: r2, *aw2, r2, herh van * tot einde. ** Herh 1ste en 2de rye nog 10 keer. Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk voet en agterste naat toe, maar aan verkeerde kant vir omslaan.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …