Brei hierdie knus slaapsakkie vir ’n klein mensie
Deur: CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGHEDE
• 5 balle ELLE FAMILY KNIT DK (50 g-balle) in Cloud Blue of kleur van jou keuse
• 4 mm-naalde 10 knope
GROOTTE
Ongeveer 40 cm x 66 cm
AFKORTINGS
alt – alternatiewe
aw – aweregs
beg – begin
herh – herhaal
ks – koussteek
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
rs – reksteek
R(V)K – regte(verkeerde) kant
R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
vermin – verminder
vermeer – vermeerder
vlg – volgende
PATROONSTEEK
Oor veelvoud van 4 plus 2 steke
1ste en 3de ry (RK): *r2, glip vlg st, r1, trek steek wat geglip is met linkerkantste naald oor gebreide steek en regs dit terwyl dit op linkerkantste naald is. Herh van * en eindig met r2.
2de ry: aw.
4de ry: *r2, aw2, herh van * en eindig met r2. Herhaal 1ste tot 4de ry.
AANWYSINGS
Agterkant
Met 4 mm-naalde stel 70 ste op. Begin met 1ste ry van pat en gaan voort tot werk 66 cm lank is. Heg af.
Voorkant
Met 4 mm-naalde stel 70 ste op. Begin met 1ste ry van pat en gaan voort tot werk 38 cm lank is. Werk 6 rye rs. Heg af.
RANDE
Agterkant
(maak 2) Met 3,5 mm-naalde stel 7 ste op. Werk in rs om teen sykant van agterkant te pas as dit effens gestrek word, ongeveer 180 rye. Heg af.
Voorkant
Met 3,5 mm-naalde stel 7 ste op. Werk in rs vir 6 rye.
Knoopsgatry: r2, heg 3 ste af, r2. Vlg ry: r2, stel 3 ste op, r2. Gaan voort in rs totdat dit teen sykant van voorkant pas as dit effens gestrek word, ongeveer 124 rye, en maak knoopsgat ongeveer elke 28 rye met laaste een teenoor rs-rand van voorkant.
OM TE VOLTOOI
Werk rande weerskante aan voor- en agterkant vas terwyl dit effens gestrek word. Vou een kort kant van agterkant met verkeerde kant teen mekaar dubbel om kappie te vorm en werk toe. Keer terug na regte kant. Met verkeerde kante teen mekaar werk voor- en agterkant aan onderkant aan mekaar vas. Werk knope op agterkant se rand teenoor knoopsgate aan.
SOURCES
ANDREA CALDWELL
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …