Die Lotze gebruik hul eie inisiatief om ‘n huis ná aan hul hart te skep
Maryke Roberts
Johan en Andrea Lotz bly buite Stellenbosch op ’n landgoed wat aan die wingerde grens. Hul ontwerp maak die beste benutting van die omgewing se uitsigte, met groot houtvensters wat natuurlike lig inlaat. Hulle is versot op hout en kombineer dit speels met spookstoele in perspeks wat half in die lig verdwyn, en spatsels kleur wat gereeld verander of geskuif word. Hulle huis se basiese meubelstukke en mure is in neutrale kleure, maar fokusmure in kleur en veelkleurige kussings en kniekomberse verleen aan hul huis sy unieke karakter.
SOURCES
Jac Kritzinger