Kan daardie paar maande in jou ma se baarmoeder regtig ’n impak op jou lewe hê? vra Anne Marais.
Ons kyk hier na die ontwikkelingsfases van die fetus. Dit bly ’n wonderwerk.
Ann Marais
Die ontwikkelingsfases
Week 1: Jou menstruele periode vind plaas. Die baba se geboortedatum word bepaal vanaf die eerste dag van jou laaste menstruele periode.
Week 2: Bevrugting.
Week 3: Die bevrugte eiersel begin verdeel.
Week 4-6: Die spysverteringstelsel, brein en rugmurg ontwikkel. Gedurende die sesde week is die baba ‘n volwaardige embrio.
Week 7: Die hartklop is sigbaar. Die embrio het ‘n volledige plasenta en die amniotiese sak ontwikkel.
Week 8-12: Verdere groei vind plaas. Die oë, mond en tong ontwikkel. Bloedselle word deur die lewer gevorm. Organe ontwikkel tesame met breinaktiwiteit. Die fetus se gebit begin vorm, terwyl die hart verder groei. Die vingers en tone is herkenbaar.
Week 13-23: Fetus begin rondbeweeg. Ooglede bedek ten volle ontwikkelde oë. Die baba kan sag huil en vinger- en toonnaels ontwikkel. Die fetus neem in lengte toe. Gehoor is teenwoordig. Geslagsdele is deur middel van ‘n sonar sigbaar.
Week 24: Die fetus is om en by 33 cm lank. Die oë kan oop- en toegemaak word. Die vel is met fyn hare bedek en word deur ‘n laag slymerige afskeiding beskerm. Asemhaling vind plaas.
Week 28: Die baba weeg sowat 1 kg.
Week 32: Die baba slaap meestal.
Week 36: Die baba draai om gereed te wees vir die geboorte.
Week 40: Die baba is sowat 51 cm in lengte en gereed om gebore te word.
* BRON Gif gebasseer op ‘n interaktiewe funksie op die webwerf van die Museum of Science and Industry in Chicago, VSA en kan ook hier gesien word.