Hierdie baie ou patroontegniek bied jou oneindige moontlikhede!
Deur: CHRISTA SWANEPOEL
Benodigdhede
D it sal van jou kleurkombinasie en grootte van kombers afhang. Ek het ELLE se DK-breidraad in skakerings van pienk en groen gebruik. 4 x 50 g-balle in pienk vir al die diagonale rye in een rigting 1 0 x 50 g-balle in verskillende kleure groen en pienk om vir die alternatiewe diagonale rye af te wissel. 4 mm-sirkelbreinaald, want die kombers is net te breed en swaar om met enkelbreinaalde te brei. O mdat die werk aan die agterkant nie so mooi vertoon nie, het ek dit met ’n sagte lap afgewerk. Sagte materiaal soos pluisstof in bypassende kleur sowat 6 cm rondom breër en langer as voltooide gebreide kombers
Mate
Voltooide grootte: ongeveer 90 cm x 115 cm
Afkortings
aw – aweregs, gl – glip, r – regs, rva – regs deur voor- en agterkant van dieselfde steek, st(e) – steek(steke), tes – tesame, tgso – trek glipsteek oor
Kombers
Stel 110 ste in basiskleur op. Basisry (driehoekry): *aw2, draai, r2, draai, aw3, draai, r3, draai, aw4, draai, r4, draai, aw5, draai, r5, draai, aw6, draai, r6, draai, aw7, draai, r7, draai, aw8, draai, r8, draai, aw9, draai, r9, draai, aw10, moenie draai nie. (Een driehoek voltooi.) Herh vanaf * nog 10 keer. Breek draad af. Ry A: In hierdie ry het ek eerste driehoek teen die kant en elke daaropvolgende diamant met ’n ander kleur groen of pienk afgewissel. In die daaropvolgende A-rye gebruik jy kleure só dat dit lyk of dit deurgeryg is (sien nabyfoto). r2, draai, aw2, draai, rva, gl1, r1, tgso, draai, aw3, draai, rva, r1, gl1, r1, tgso, draai, aw4, draai, rva, r2, gl1, r1, tgso, draai, aw5, draai, rva, r3, gl1, r1, tgso, draai, aw6, draai, rva, r4, gl1, r1, tgso, draai, aw7, draai, rva, r5, gl1, r1, tgso, draai, aw8, draai, rva, r6, gl1, r1, tgso, draai, aw9, draai, rva, r7, gl1, r1, tgso, moenie draai nie. *Tel op en r 10 ste langs syrand van vlg driehoek af. (Draai, aw10, draai, r9, gl1, r1, tgso)10 keer. Moenie draai nie. Herh vanaf * nog 9 keer. Tel op en r 10 ste langs syrand van laaste driehoek af. Draai, aw2tes, aw8, draai, r9, draai, aw2tes, aw7, draai, r8, draai, aw2tes, aw6, draai, r7, draai, aw2tes, aw5, draai, r6, draai, aw2tes, aw4, draai, r5, draai, aw2tes, aw3, draai, r4, draai, aw2tes, aw2, draai, r3, draai, aw2tes, aw1, draai, r2, draai, aw2tes. Moenie draai nie. Breek draad af. Ry B: Hierdie en daaropvolgende B-rye is in selfde kleur as basisry gebrei. Tel op en aw 9 ste teen kant van eerste driehoek af. (Draai, r10, draai, aw9, aw2tes)10 keer. Moenie draai nie. *Tel op en aw 10 ste langs kant van vlg driehoek af. (Draai, r10, draai, aw9, aw2tes)10 keer. Herh van * nog 9 keer. Draai. Breek draad af. Herhaal Rye A en B tot kombers lank genoeg is (ongeveer 27 rye). Eindig met Ry A. Laaste ry (driehoekry B): *Tel op en aw 9 ste langs syrand van vlg driehoek af. Draai, r8, gl1, r1, tgso, draai, aw8, aw2tes, draai, r7, gl1, r1, tgso, draai, aw7, aw2tes, draai, r6, gl1, r1, tgso, draai, aw6, aw2tes, draai, r5, gl1, r1, tgso, draai, aw5, aw2tes, draai, r4, gl1, r1, tgso, draai, aw4, aw2tes, draai, r3, gl1, r1, tgso, draai, aw3, aw2tes, draai, r2, gl1, r1, tgso, draai, aw2, aw2tes, draai, r1, gl1, r1, tgso, draai, aw1, aw2tes, draai, gl1, r1, tgso, draai, aw3tes. Moenie draai nie. Herh vanaf * nog 10 keer. Breek draad af.
Om te voltooi
As jy lap agterop gaan gebruik, is dit nie nodig om rafels weg te werk nie. Lê kombers plat neer op groot oppervlak, bedek met klam lap en laat om droog te word. Lê materiaal met verkeerde kant na bo neer, lê kombersie met regte kant na bo bo-op materiaal neer en knip materiaal rondom sowat 6 cm groter. Vou bo- en onderkant van lap 3 cm na binne en dan weer om sodat randjie net oor rand van breiwerk kom en steek vas met spelde. Doen dieselfde met twee sykante. Werk met hand rondom op rand van materiaal en breiwerk vas met bypassende borduurgaring en kort rygstekies.
Wenke
- Die patroon lyk vreeslik ingewikkeld, maar jy sal vinnig agter die kap van die byl kom as jy eers een ry voltooi het.
- Moenie dat die idee van ’n sirkelnaald jou afskrik nie. Dit werk baie maklik en lekker.
- Met hierdie breitegniek kan jy jou kombers in enige kleurkombinasie maak.
- Jy het minstens twee kleure nodig om die effek van die patroon te kry. Wissel dan twee kleure in rye A en B af.
- Tik “entrelac” op jou soekenjin in vir meer idees en Engelse aanwysings. Hierdie patroon is nie in Engels beskikbaar nie .
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …