Wyk ’n bietjie af van die gewone aartappelslaai en maak dit met ’n bloukaassous
8 porsies
8 groot aartappels
4 ekstragroot eiers, gekook en in
skywe gesny
6 grasuie, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
SLAAISOUS
50 g (½ pakkie) bloukaas, gekrummel
175 ml (1 klein bakkie) gewone jogurt
125 ml (1½ k) mayonnaise
sout en peper na smaak
LEES OOK: Maak spek-en-suurroom-aartappels
- Kook aartappels in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is tot dit net met mespunt kan deursteek.
- Dreineer, laat afkoel, trek skille af en sny in blokke.
- Meng aartappels, eiers, grasuie en pietersielie liggies bymekaar.
- Slaaisous Meng bestanddele vir slaaisous en roer by aartappels tot net gemeng.
- Sit teen kamertemperatuur of koud voor.