Maak koeskoes en groente as ’n bygereg saam met jou braaivleis
4 porsies
olyfolie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie
1 groot rooi soetrissie
1 groot geel soetrissie
1 groot groen soetrissie
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) koeskoes
90 ml (6 e) olyfolie
45 ml (3 e) wit balsemieke asyn
handvol vars basiliekruid
sout en peper na smaak
LEES OOK: Maak soutsuur varkvleisblokkies
Metode
Stel oond op 200 °C.
- Verhit olie en soteer ui, knoffel en gemengde kruie tot sag. Hou eenkant.
- Verf soetrissies met olie en sprinkel liggies met sout. Plaas op bakplaat.
- Bak soetrissies vir 10 minute of tot vel begin borrels maak. Plaas warm soetrissies in plastieksak en knoop sak toe sodat soetrissies kan sweet.
- Trek soetrissies se velle af. Verwyder pitte en sny in 1 cm-repies.
- Verhit hoenderaftreksel tot baie warm. Gooi koeskoes in glasmengbak. Gooi warm hoenderaftreksel bo-oor.
- Plaas bord bo-op mengbak en laat staan ongeveer 10 minute tot koeskoes uitgeswel is. Roer koeskoes met vurk los van mekaar.
- Meng olyfolie en asyn en giet bo-oor koeskoes. Roer deur.
- Voeg gebraaide ui, soetrissies en vars basiliekruidblare daarby. Meng liggies, moenie te veel roer nie.
- Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor.