Bestaan daar ooit iets beter as ’n steak met ’n lekker sous?
4 porsies
Bestanddele
4 stukke steak van jou keuse
olie
sout en peper na smaak
braaivleisspeserye (opsioneel)
KNOFFELBOTTER
250 g (½ blok) sagte botter
1 suurlemoen se skil, fyngerasper
60 ml (4 e) vars pietersielie, gekap
30 ml (2 e) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) sout
SAMPIOENSOUS
bietjie olie
2 uie, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
38 g (1 pakkie) sampioensous (Royco)
38 g (1 pakkie) swartpepersous (Royco)
250 ml (1 k) room
166 ml (2/3 k) volroommelk
LEES OOK: Die “Captain’s Saucy Steak”
Metode
- Verf steak, nie riffelpan of braaier, met olie.
- Riffelpan of braai moet baie warm wees.
- Braai steak eers aan een kant vir ongeveer twee minute sonder om om te draai. Steak moet eers seël voor dit omgedraai word.
- Draai steak om en seël ander kant. Braai verder so gaar soos verkies. Geur met sout, peper en braaivleisspeserye (opsioneel) terwyl jy braai.
- Knoffelbotter Meng alles saam en vorm in rol op stuk waspapier. Plaas in yskas tot gestol. Sny in skywe en plaas op klaar gebraaide steak om te smelt.
- Sampioensous Verhit bietjie olie en soteer uie, kruie en knoffel tot uie sag is. Voeg sampioene by en soteer tot sag.
- Voeg sampioen en swartpepersous by. Roer room by. Voeg melk by terwyl geroer word. 8 Sit sous warm saam met steak, gekookte klein aartappeltjies en brood voor.