Dié aarbeikoekstruif is ’n lekker variasie van ’n gewone koekstruif
6 porsies
Bestanddele
WIT LAAG
250 g (1 pakkie) mascarponekaas
60 ml (4 e) strooisuiker
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
VLALAAG
1 l (4 k) volroommelk
385 g (1 blik) kondensmelk
155 ml (½ k + 6 t) vlapoeier
knypie sout
AARBEIE EN KOEK
1 gekoopte vanieljekoek
5 00 g (1 groot pak) aarbeie, gewasen in skyfies gesny
100 g (1 pak) pekanneute, grofgekap
1 pakkie Rolo’s, gehalveer
LEES OOK:Maak aarbei-hertzoggies
Metode
- Wit laag Meng mascarponekaas en strooisuiker. Klits room saam met vanieljegeursel styf en roer by mascarponekaas. Hou eenkant.
- Vlalaag Plaas melk en kondensmelk saam in glasbak wat in mikrogolf pas. Roer tot gemeng.
- Skep 250 ml (1 k) van melkmengsel uit en roer by vlapoeier.
- Verhit solank melkmengsel in mikrogolf vir drie minute op hoog.
- Voeg vlamengsel stadig by warm melkmengsel terwyl jy roer.
- Plaas terug in mikrogolf. Mikrogolf op hoog vir een minuut. Roer en mikrogolf weer vir een minuut.
- Roer knypie sout by.
- Laat vla effens afkoel. Hou eenkant.
- Sny koeklaag horisontaal in helfte deur. Gebruik koekiedrukker en druk vorms uit koek.
- Pak koeklaag in bak met 18 cmdeursnee. Skep helfte van vla daarop. Sprinkel aarbeie, neute en Rolo’s oor.
- Skep helfte van witlaagmengsel bo-op, dan weer ’n koeklaag en volg weer res van stappe.
- Rond soos verkies met nog vars aarbeie af.