Hierdie eiervrugslaai is heerlik én vol proteïne
4 porsies
5 eiervrugte
olyfolie
sout en peper na smaak
150 g (1 pakkie) klein spinasieblaartjies
1 fetakaassirkel
60 ml (4 e) granaatpitte
60 ml (4 e) dennepitte, liggies gerooster
hand vol vars koljanderblare
SLAAISOUS
45 ml (3 e) olyfolie
15 ml (1 e) heuning
1 ml fyn komyn
5 ml (1 t) witasyn
KYK HIERDIE VIDEO: Maak ‘n eiervrugpizza
Metode
- Sny eiervrugte in 1 cm-skywe. Verf albei kante met olyfolie en braai in warm riffelbraaipan vir ongeveer twee minute aan elke kant. Geur met sout en peper.
- Laat op afkoelrakkie afkoel wat op kombuispapier staan om oortollige olie te absorbeer.
- Pak spinasie op opdienbord gevolg deur gebraaide eiervrugskywe, fetakaas en granaatpitte.
- Sprinkel dennepitte en vars koljanderblare bo-oor.
- Slaaisous Meng bestanddele saam en giet net voor opdiening oor slaai.