Hierdie kaas-en-marmitemuffins is een van ons gewildste resepte nog!
Maak sommer vandag nog van dié heerlike muffins
LEES OOK: Bak gesonde muffins
12 muffins
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
1 ml sout
knypie rooipeper
1 ui, fyngekap
5 00 ml (2 k) cheddarkaas, fyngerasper
10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap
250 ml (1 k) volroommelk
60 ml (4 e) olie
2 ekstragroot eiers
BOLAAG
125 g (¼ blok) botter
15 ml (1 e) Marmite
LEES OOK: Growwe piesang-en-neute-muffins
Stel oond op 180 °C.
- Sif koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
- Roer ui, kaas en pietersielie by gesifte meelmengel tot goed gemeng.
- Klits melk, olie en eiers saam tot goed gemeng.
- Roer eiermengsel by meelmengsel tot deeg vorm. Moenie te veel roer nie.
- Verdeel deeg tussen 12 muffinholtes wat met muffinpapiertjies uitgevoer is of goed met kossproei gespuit is.
- Bak vir 15 minute of tot gaar in middel wanneer jy dit met toetspen steek.
- Bolaag Smelt botter en Marmite saam in mikrogolf.
- Steek gaatjies in muffins sodra dit uit oond kom en giet warm botteren- Marmite-mengsel bo-oor sodat dit dadelik intrek.
- Sit louwarm saam met botter en kaas voor.