10 porsies
250 g (½ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
2 ekstragroot eiers
500 g (4 k) bruismeel
1 ml sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) volroommelk
820 g (1 groot blik) tertappels
SOUS
380 g (1 blik) ingedampte melk
250 ml (1 k) suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Stel oond op 180 °C.
1 Room botter en strooisuiker met elektriese klitser tot liggeel.
2 Klits eiers by tot goed gemeng.
3 Sif bruismeel en sout by bottermengsel en roer tot gemeng.
4 Roer vanieljegeursel en volroommelk by tot deeg vorm.
5 Spuit twee gesmeerde, ronde oondbakke of tertpanne met ’n 22 cm-deursnee met kossproei of smeer met botter.
6 Verdeel helfte van deeg tussen twee oondbakke of tertpanne. Verdeel appelstukkies en skep op deeg.
7 Verdeel oorblywende deeg bo-oor en bak vir 25 minute tot gaar in middel.
8 Sous Gooi ingedampte melk en suiker in bak en mikrogolf vir twee minute op hoog. Roer tot goed gemeng.
9 Giet warm sous oor warm