Die Fleur du Cap Bergkelder Selection Chenin Blanc is die perfekte pasmaat vir lekker tradisionele ingelegde vis. As dit by tradisioneel Kaaps kom, hoef dié wyn, gemaak van een van die oudste en mees geplante druifsoorte in Suid-Afrika, beslis nie terug te staan nie.
Die wyn sal die pikante geure van die feestelike visdis na vore bring. “Die steenvrug- en ryp sitrusaromas van die wyn is die ideale afronding vir die soet geure van die gedroogte sultanas en appelkose in die resep,” verduidelik Wim Truter, keldermeester by Die Bergkelder in Stellenbosch.
Sjef Craig Cormack gee ‘n kinkel aan die tradisionele dis deur wyn en granaat by die resep te voeg. Die wyn gee ‘n warm kleur aan die vis, terwyl die granaat die dis met rooi robyne versier.
Bestanddele
1.5 kg ontvelde geelstert
200 ml kookolie
1 kg gesnyde uie
15 ml kwaliteit masala
5 ml vinkelsaad
5 ml koljander
5 ml swartpeperkorrels
4 heel naeltjies
4-5 lourierblare
125g gedroogte appelkose en sultanas
500 ml wit- of rooiwyn (rooiwyn gee ‘n dieper kleur aan die vis)
10 ml growwe sout
75 ml witwynasyn
30 ml bruinsuiker
Pitte van 1 groot granaat
Voorverhit oond tot 200°C.
1. Plaas vis in bakskottel – laat genoeg ruimte vir sous.
2. Braai uie vir 30 minute totdat hulle soet smaak.
3. Meng masala, vinkel, koljander, peperkorrels, naeltjies en lourierblare by en braai vir 30 sekondes voordat appelkose, sultanas, wyn en sout bygevoeg word.
4. Prut vir 20 minute sonder deksel.
5. Voeg asyn en suiker by.
6. Gooi sous oor vis.
7. Bedek met foelie en bak vir 20 minute.
8. Laat heeltemal afkoel en plaas in yskas vir ten minste ‘n dag.
9. Bedien op slaai met tuisgemaakte lemmetjie-mayonaise.
10. Garneer deur granaatpitte bo-oor te strooi.
Vir meer inligting oor Fleur du Cap besoek www.fleurducap.com, volg die Fleur du Cap-gemeenskap op Facebook of Twitter @FleurduCapWines.