6 porsies
90 ml (6 e) sjerrie
125 ml (½ k) tamatiesous
250 ml (1 k) hoisinsous (Woolworths)
30 ml (2 e) sojasous
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
30 ml (2 e) heuning
knypie rooipeper
2 kg bees-, vark- of skaapribbetjies, in porsies gesny
1 Meng al die bestanddele, behalwe ribbetjies.
2 Plaas ribbetjies in baksakkie en skep sous daarby in. Plaas oornag in yskas vir marinade om in te trek.
3 Plaas baksakkie in oondpan in voorverhitte oond op 200 °C en bak vir 45 minute of tot gaar.
4 Breek baksakkie aan bokant en rooster ribbetjies tot bruinerig. Pasop vir brand.
5 Sit voor saam met tjips of klein aartappeltjies en ’n groen slaai.