Maak hierdie maklike en lekker souttert!
6 porsies
Bestanddele
4 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) volroommelk
15 ml (1 e) vars pietersielie
1 ml knoffelsout
knypie swartpeper
knypie selderysout
bietjie olie
2 uie, fyngekap
250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
75 ml (5 e) koekmeel
375 ml (1½ k) beleë cheddarkaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Klits eiers en melk saam. Roer pietersielie, knoffelsout, swartpeper en selderysout by.
- Verhit bietjie olie en soteer uie en spek tot gaar. Verwyder van hitte en laat bietjie afkoel.
- Roer koekmeel en kaas by spekmengsel.
- Roer eiermengsel by spekmengsel tot goed gemeng.
- Giet in oondbak van 22 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is.
- Bak vir 40 minute of tot in middel gestol.
- Sit louwarm of koud as ligte middagete saam met slaai voor.