Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto’s ANDREA CALDWELL
ongeveer 70 stukke
500 ml (2 k) All-Bran-vlokkies
500 ml (2 k) Rice Krispies
375 ml (1½ k) graanvlokkies
375 ml (1½ k) muesli
250 ml (1 k) suiker
250 ml (1 k) bosbessies (cranberries)
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
1 kg (8 k) bruismeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
3 ekstragroot eiers
625 ml (2½ k) dubbele Griekse jogurt
375 ml (1½ k) olie
Stel oond op 180 °C.
- Meng All-Bran, Rice Krispies, graanvlokkies, muesli, suiker, bosbessies en pekanneute.
- Sif bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor mengsel. Roer deur tot al die bestanddele gemeng is.
- Klits eiers goed. Roer jogurt en olie daarby.
- Meng jogurtmengsel goed by meelmengsel.
- Skep in 2 gesmeerde broodpanne van 10 cm x 29 cm.
- Bak vir 55 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Keer beskuit op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel. Breek in stukke.
- Plaas beskuit op bakplaat en droog vir 5 uur teen 70 °C uit of tot goed droog.