Deur Marlo Kitshoff-Carstens
ongeveer 1 Liter
500 ml (2 k) water
500 ml (2 k) suiker
10 ml (2 t ) wynsteensuur (tartaric acid)
12 groot vars grenadellas of 250 ml (1 k) grenadellapulp
1 Plaas water, suiker en wynsteensuur in groot kastrol.
2 Verhit mengsel oor matige hitte terwyl gereeld geroer word sodat suiker kan oplos.
3 Kook vir ongeveer vyf minute nadat suiker opgelos het.
4 Verwyder kastrol van stoofplaat en laat afkoel. Giet grenadellastroop deur sif om grenadellapitte te verwyder en voeg by suikermengsel. Gooi afgekoelde grenadellastroop in bottels en draai toe tot benodig.
WENK
- Grenadellastroop smaak heerlik saam met water of Sprite Zero.
- Die wynsteensuur help om die grenadellastroop langer te laat hou.