Ons wys in ons 16 Mei-uitgawe hoe jy bottels as dekorartikels kan inspan. Voordat jy glas- of plastiekbottels kan gebruik moet dit eers goed skoongemaak word. Kyk hier hoe jy ‘n groot plastiekbottel in ‘n “stoorplek” kan omskep
Deur Greta Gericke
Maak bottels skoon
- Laat lê die bottels in warm water met seep – dit help met die verwydering van die plakkers wat op die bottel is.
- Die plakkers sal sag word. Wanneer dit sag is, kan jy dit met ‘n sponsie afwas.
- Spoel die bottels goed uit sodat daar geen meer seep aan die bottel vassit nie.
- Laat staan die bottels buite in die son dat dit vinnig kan droog word
Verwyder reuke
Sommige bottels mag dalk ‘n onaangename reuk afgee. Gebruik hierdie instruksies om van die reuk ontslae te raak
Asyn en seep: Gooi ‘n teelepel Sunlight-seep en vyf teelepels asyn in die bottel. Voeg water by tot die bottel vol is. Draai die doppie op en los oornag. Maak dit die volgende dag leeg en spoel deeglik uit.
Stoorplek
As jy kinders het, is daar vir seker baie speelgoed wat rondlê. Of wat van wasgoedpennetjies? Hier is ‘n oulike idee om van ‘n groot plastiekbottel stoorplek te maak.
SOURCES
Foto’s Jac Kritzinger