Vetkoek is deel van ons tradisie. Maak hierdie heerlike biltong vetkoekhappies
ongeveer 24 klein vetkoekies
Bestanddele
500 g (4 k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
15 ml (1 e) suiker
10 g (1 pakkie) kitsgis
250 ml (1 k) fyn biltong
400 ml (1 ½ k + 5 t) louwarmwater
750 ml (1 bottel) olie vir diepvetbraai
Om voor te sit
genoeg botter
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
LEES OOK: Gewone pannekoek (met suurlemoenskyfies)
Metode
- Meng koekmeel, sout, suiker, kitsgis en biltong saam.
- Voeg louwarmwater by en roer tot deeg. Knie deeg. Voeg nog bietjie koekmeel by indien deeg aan jou hande vasklou. Knie vir ses minute.
- Plaas deeg in mengbak wat met olie gesmeer is. Smeer buitekante van deeg ook met olie en bedek met kleefplastiek.
- Plaas deeg op warm plek om te rys tot dubbel so groot. Dit sal ongeveer 90 minute tot twee ure neem.
- Breek deeg in klein bolletjies en laat rys vir nog 30 minute.
- Verhit olie tot warm in klein, dieperige kastrol en braai bolletjies tot goudbruin buiteom.
- Skep op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
- Om voor te sit Sit louwarm saam met botter en kaas voor.
Wenk
Die fyn biltong kan deur gesnyde biltong vervang word wat fyner gekap is.