Hierdie koffiekaaskoek is ‘n moet, veral as jy van koffie hou. Dis heerlik verby
• 1 groot kaaskoek
KORS
200 g (1 pakkie) Classic Choc-kitskoekies
60 ml (4 e) botter, gesmelt
15 ml (1 e) koffielikeur, soos Kahlúa
VULSEL
500 g (2 x 250 g-bakkies) geroomde maaskaas
250 g (1 bakkie) mascarponekaas
250 ml (1 k) strooisuiker
3 ekstragroot eiers
60 ml (4 e) koffielikeur, soos Kahlúa
125 ml (½ k) sterk, aangemaakte koffie
75 ml (5 e) koekmeel
BOLAAG
50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
97,4 g ( 2 x 48,7 g-sjokolades) Inside Stories, grofgekap
• Stel oond op 160 °C.
METODE
1 Kors Kap koekies in voedselverwerker fyn. Roer gesmelte botter by.
2 Druk koekiekors op bodem van losboomkoekpan van 20 cm wat met kossproei gespuit is vas.
3 Sprinkel likeur oor koekiekors.
4 Vulsel Meng maaskaas, mascarponekaas, strooisuiker en eiers tot goed gemeng.
5 Meng likeur en koffie. Roer koekmeel by tot gladde pasta.
6 Roer koffiemengsel by maaskaasmengsel.
7 Skep vulsel op koekiekors en plaas losboomkoekpan op bakplaat om te keer dat kaaskoek mors as dit bak.
8 Bak vir 70 minute. Moenie bekommerd wees as dit nog nie in middel gestol is nie. Laat kaaskoek in warm oond met toe oonddeur vir 1 uur staan.
9 Maak oond se deur heeltemal oop en laat kaaskoek in oond tot heeltemal afgekoel.
10 Maak losboomkoekpan oop en verwyder dit versigtig. Plaas op geskikte opdienbord.
11 Bolaag Sprinkel neute en sjokoladestukkies bo-op.
WENK Jy kan die Kahlúa met enige ander likeur soos Amarula vervang