Jy kan enigiemand met hierdie rooifluweelkolwyntjies omkoop
• 24 kolwyntjies
KOLWYNTJIES
625 ml (2½ k) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout
60 ml (4 e) kakao
3 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
312 ml (1¼ k) olie
60 ml (4 e) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) volroommelk
7,5 ml (1½ t) koeksoda
5 ml (1 t) suurlemoensap
24 bruin muffinpapiertjies
VERSIERSEL
250 g (½ blok) wit Wooden Spoon-margarien by kamertemparatuur
1 kg (1 pak) versiersuiker, gesif
1 ml bakpoeier
90 ml (6 e) volroommelk
5 ml (1 t) vanielje
AFRONDING
60 ml (4 e) pistasieneute, fyngekap
30 ml (2 e) papawersaad
• Stel oond op 180 °C.
METODE
1 KOLWYNTJIES Sif meel, sout en kakao saam. Hou eenkant.
2 Klits eiers en suiker met elektriese klitser tot liggeel, ongeveer 5 minute. Roer olie by en klits nog 3 minute.
3 Voeg voedselkleursel en vanieljegeursel by en klits goed.
4 Voeg meelmengsel en melk om beurt by eiermengsel.
5 Klits koeksoda en suurlemoensap saam en voeg ook by beslag.
6 Sit bruin muffinpapiertjies in muffinpanne en skep papiertjies ¾ vol met beslag.
7 Bak vir 12 tot 15 minute of tot toetspen skoon uitkom.
8 Laat kolwyntjies tot heeltemal afgekoel.
9 VERSIERSEL Room wit margarien tot sag, ongeveer 5 minute.
10 Meng versiersuiker en bakpoeier saam. Skep ongeveer 1 k (250 ml) van versiersuikermengsel by margarien.
11 Voeg ook melk en vanielje by margarienmengsel. Klits met elektriese klitser tot pofferig.
12 Voeg versiersuikermengsel verder bietjies op ‘n slag by en hou aan klits tot gemeng en versiersel donserig is, ongeveer 5 minute.
13 Smeer genoeg versiersel bo-op kolwyntjies.
14 AFRONDING Sprinkel neute en papawersaad bo-oor.