Het Pa ‘n soettand? Dan moet jy hom met hierdie poeding verras.
• Bedien 6
Bestanddele
8 snye Sasko Premium White, of Best of both, of lae Gi-witbrood
50 g botter (teen kamertemperatuur)
50 g rosyntjies
2 eiers
300 ml melk
100 ml room
50 g suiker
1 t vanieljegeursel
½ t allspice gemeng met 1 e suiker
Room/vla om mee voor te sit
Metode
• Stel oond op 180° C
1 Smeer botter op die snye brood en sny elke sny in 4 driehoekies
2 Sit die driehoekies in lae met ’n punt na bo in ’n mediumgrootte bak (ongeveer 20 x 10 cm) met rosyntjies tussenin
3 Meng eiers, melk, room, suiker en vanieljegeursel in ’n bak en giet oor die broodlae in die bak
4 Sprinkel die allspice-gegeurde suiker bo-oor
5 Laat staan vir 10 – 15 min
6 Bak in die oond vir 40 – 45 min
7 Sit warm voor met room of vla
Variasie Gebruik sjokoladestukkies in plaas van rosyntjies en lemoenskil in plaas van allspice vir ’n sjokolade-lemoengeur.
WENK Smeer jou gunstelingkonfyt of -marmelade op die brood vir ekstra geur