Bederf die man in jou huis met ‘n heerlike tuisgekookte ete op sy spesiale dag. Onthou, dis net een keer per jaar Vadersdag!
• 6 tot 8 porsies
Bestanddele
500 g (6 groot) bete, gaar en ontvel
410 g (1 blik) pere, gedreineer, maar behou stroop
15 ml (1 e) suiker
2,5 ml (½ t) witasyn
500 ml (2 k) groenteaftreksel
187 ml (¾ k) peerstroop
125 ml (½ k) room
sout na smaak
swartpeper na smaak
AFRONDING
250 ml (1 k) dik room
4 grasuie, fyn gekap
hand vol vars boontjiespruite
60 ml (4 e) kasjoeneute, grofgekap
vars dille (opsioneel)
Metode
1 Sny beet in kleiner stukkies en plaas saam met pere, suiker, witasyn en groenteaftreksel in kastrol.
2 Laat kook vir 15 minute tot beet goed sag is.
3 Laat sop bietjie afkoel en verpulp in versapper tot glad.
4 Giet weer terug in kastrol. Voeg peerstroop en room by en verhit weer. Moenie laat kook nie.
5 Geur na smaak met sout en peper.
6 Skep in klein opdienbakkies.
7 Afronding Skep dik room bo-op, gevolg deur oorblywende bestanddele.
8 Sit louwarm voor.