Vergeet van duur restaurant kos, jy kan selfs lekkerder by die huis eet aan hierdie ryk winterkos
• 6 tot 8 porsies
Bestanddele
genoeg olie
1,5 kg beesvleisblokkies of stowevleis sonder been
sout en peper na smaak
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
knypie droë tiemie
2 lourierblare
30 ml (2 e) koekmeel
375 ml (1½ k) beesvleisaftreksel
500 ml (2 k) rooiwyn
klont botter
20 klein uitjies, geskil
250 g (1 pakkie) streepspek, in blokkies gesny
250 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
Metode
• Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en braai beesvleis in drie sarsies tot goudbruin.
2 Geur na smaak met sout en peper en skep in geskikte oondkasserol met inhoudmaat van ongeveer 2,5 L met deksel.
3 Verhit nog olie in pan indien nodig en braai ui, knoffel, pietersielie en tiemie tot ui sag is. Skep by vleis. Voeg lourierblare by.
4 Maak koekmeel met klein bietjie van beesvleisaftreksel tot gladde pasta aan.
5 Roer oorblywende beesvleisaftreksel en rooiwyn by en voeg by vleis.
6 Plaas deksel op en bak vir 1½ uur tot vleis redelik sag is.
7 Verhit botter en soteer uitjies vir paar minute – dit hoef nie sag te wees nie. Skep by vleis.
8 Braai spek in dieselfde kastrol tot bros en voeg sampioene by. Soteer tot sampioene amper sag is.
9 Verwyder van hitte en voeg by vleis in kasserol. Plaas deksel op.
10 Bak vir nog 45 minute tot vleis sag is. Sit saam met kapokaartappels voor.
Wenk Jy kan reeds ’n dag voor die tyd tot by stap 8 klaarmaak. Op die dag word die uit-en-spekmengsel by kasserol gevoeg en vir die laaste deel gebak.