Hierdie malvapoeding is die perfekte nagereg vir ’n gesellige gekookte ete
6 porsies
LEES OOK: Bak ‘n broodpoeding
Bestanddele
45 ml (3 e) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
1 ekstragroot eier
15 ml (1 e) appelkooskonfyt
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) koekmeel
knypie sout
250 ml (1 k) volroommelk
Sous
250 ml (1 k) room
100 g (1/5 blok) botter
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) kookwater
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
LEES OOK: Maak hierdie lekker warm sagopoeding
Metode:
- Room botter, suiker en eier met houtlepel tot liggeel.
- Klits konfyt en koeksoda by eiermengsel.
- Sif koekmeel en sout saam.
- Roer gesifte meelmengsel en melk beurtelings by bottermengsel.
- Skep deeg in ronde oondbak met 24 cm deursnee wat met kossproei gespuit of met botter gesmeer is. Maak gelyk bo-op.
- Bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Sous Plaas al die bestanddele vir sous, behalwe vanieljegeursel, in kastrol. Verhit tot kookpunt terwyl jy af en toe roer. Draai stoofplaat se hitte laer en kook nog drie minute. Roer vanieljegeursel by.
- Steek gebakte poeding vol gaatjies en giet warm sous oor warm gebakte poeding.
- Plaas poeding weer terug in oond en bak nog agt minute.
- Sit warm saam met vla voor.