Dis ‘n uitdaging om elke dag iets anders op die tafel te sit. Ons help met die dinkwerk
• 6 porsies
Bestanddele
700 g (1 pak) klein aartappeltjies
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) spek, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
1 Kook aartappels in kookwater tot amper gaar, ongeveer 15 minute of tot mes kan deursteek. Laat bietjie afkoel en sny aartappeltjies in helftes of kwarte.
2 Verhit olie en soteer ui, knoffel en spek tot net gaar. Voeg sampioene en pietersielie by en soteer nog drie minute tot sampioene amper gaar is.
3 Skep aartappeltjies terug in kastrol by sampioenmengsel. Geur met sout en peper na smaak.
4 Hou warm tot opdiening.