Nooi ‘n paar vriende en sit ‘n informele ete met hamburgers voor
Klik hieronder vir bykos-resepte
Resep vir aartappeltjies met avokado
Resep vir uieringe
Resep vir aartappeltjies met avokado
Resep vir uieringe
• 6 porsies
Hamburger
600 g beesmaalvleis
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 ui, gerasper
60 ml (4 e) vars pietersielie, gekap
10 ml (2 t) worcestersous
2,5 ml (½ t) braaivleisspeserye
375 ml (1½ k) vars witbroodkrummels
2 eiers
5 ml (1 t) sout
1 ml swartpeper
6 velletjies geprosesseerde mozzarellakaas
Ekstra
6 broodrolletjies
blaarslaai
Mosterdsous
60 ml (4 e) mayonnaise
45 ml (3 e) Dijonmosterd
5 ml (1 t) suiker
Ui-en-soetrissie-sous
bietjie olie
2 uie, gekap
60 ml (4 e) ligte bruinsuiker
10 ml (2 t) witwynasyn
60 ml (4 e) gekoopte soetrissiesous
Metode
1 Meng al die hamburgerbestanddele goed behalwe kaasvelletjies.
2 Verdeel maalvleis in ses gelyke dele en druk effens platter sodat dit soos ’n plat frikkadel lyk.
3 Sny ’n keep in kant van frikkadelle.
4 Vou kaasvelletjies in vier dele sodat dit soos ’n vierkant lyk en plaas in opening. Druk maalvleis weer op mekaar.
5 Bedek en plaas in yskas vir 1 uur voor gebruik.
6 Braai frikkadelle tot gaar aan albei kante op rooster. Hou warm tot benodig.
7 Ekstra Sny broodrolletjies oop en braai dit op rooster tot gebraai.
8 Mosterdsous Meng bestanddele vir mosterdsous.
9 Ui-en-soetrissie-sous Verhit olie en soteer uie tot sag. Voeg bruinsuiker en witwynasyn by. Laat vir 15 minute oor lae hitte prut tot uie goed gekaramelliseer is.
10 Voeg soetrissiesous by en laat nog drie minute oor lae hitte kook.
11 Sit kastrol se deksel bo-op en laat op warm stoofplaat staan tot benodig.