Jy hoef nie dié week oor aandete kop te krap nie. Hier is een van vyf resepte in Vrouekeur vir die besige weeksaande
Bestanddele
400 g (1 pak) rysnoedels, klaar gaar
Oosterse sous
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
60 ml (4 e) oestersous
15 ml (1 e) vissous
10 ml (2 t) bruinsuiker
30 ml (2 e) suurlemoensap
Roerbraai
bietjie olie
800 g biefstuk (sirloin steak)
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
3 cm vars gemmer, geskil en gerasper
2 wortels, in julienne-repies gesny
½ geel soetrissie, ontpit en in repies gesny
½ rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
2 preie, in ringetjies gesny
handvol suiker-ertjies (mange tout)
125 ml (½ k) vars koljander, grofgekap
Metode
1 Maak rysnoedels gaar volgens aanwysing op verpakking. Hou eenkant.
2 Oosterse sous Meng bestanddele saam en hou eenkant.
3 Roerbraai Verhit olie en braai biefstuk aan albei kante gaar. Sny in dun skyfies.
4 Verhit nog olie indien nodig. Soteer knoffel en gemmer vir twee minute. Voeg wortels by en soteer vir nog twee minute.
5 Voeg soetrissies, preie en ertjies by. Soteer vir drie minute.
6 Skep repies vleis en rysnoedels terug.
7 Roerbraai vir nog twee tot drie minute.
8 Roer vars koljander by en sit warm voor.