Maak ‘n heerlike souttert
Bestanddele
Deeg
240 g koekmeelblom
180 g koue botter
70 ml yskoue water
knippie sout
Vulsel
rooi uie, gekap
spek, gebraai
eksotiese sampioene
parmesaankaas, gerasper
knippie sout en peper
200 ml room
3 eiers
parmesaankaas
sout en peper
Slaai
spek, gebraai
klein tamaties, in helfte gesny
rooi uie, fyn gekap
rou eksotiese sampioene
druiwe, in helfte gesny
slaaiblare
Metode
Stel oond op 180°C.
Deeg
1 Sif meel en sout en meng met botter tot ’n sanderige tekstuur.
2 Maak ’n gaatjie in middel van mengsel. Voeg water bietjies by tot deeg vorm.
3 Laat deeg vir 20 minute in yskas rus voor gebruik.
4 Rol deeg uit en plaas in gesmeerde oondbak.
5 Bak vir agt minute blind, haal uit en los eenkant.
Vulsel
6 Braai uie en spek tot gaar.
7 Voeg sampioene, parmesaankaas, sout en peper by en braai nog ‘n paar minute.
8 Plaas mengsel bo-op deeg in oondbak.
9 Klits room, eiers, parmesaankaas, sout en peper saam en giet oor vulsel in oondbak.
10 Bak vir 20 – 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Slaai
11 Braai spek tot gaar. Voeg sampioene by en braai nog ’n paar minute.
12 Meng slaaiblare saam met ander bestanddele en sit voor. Sprinkel bietjie olyfolie oor indien verkies.