8 porsies
Bestanddele
3 kg ontbeende gepekelde varkboud (gammon)
2 liter appelsap
500 ml (2 k) witwyn
250 ml (1 k) water
2 uie, grofgekap
2 wortels, in dik skywe gesny
2 selderystingels, grofgekap
2 naeltjies
2 lourierblare
10 swartpeperkorrels
2 takkies vars pietersielie
Verglalsing
125 ml (½ k) heuning
125 ml (½ k) wit balsemieke asyn
Metode
- Plaas varkboud in diep kastrol.
- Voeg ander bestanddele by.
- Verhit vloeistof tot kookpunt. Vandat vloeistof begin borrel het, kan jy 25 minute bereken vir elke 500 g vleis, bv 3 kg gaan 2½ ure kook.
- Laat klaar gekookte varkboud in vloeistof afkoel. Die warm vloeistof sal varkboud nog bietjie gaarder maak.
- Haal varkboud uit vloeistof en sny vetgedeelte aan bokant af.
- Maak vlak insnydings in varkboud met mes op gedeelte waar nog bietjie vet teenwoordig is.
- Plaas in oondpan.
- Verglansing Meng heuning en balsemieke asyn en verf -oor varkboud.
- Plaas varkboud onder roosterelement en rooster tot bokant effens begin verbruin.
- Haal varkboud uit oond en verf oorblywende heuning en balsemieke asynmengsel bo-oor.
- Sny in dun skywe en sit koud of louwarm voor.