Tuisgemaakte lietsjiesorbet is ’n uitstekende maat vir die J.C. Le Roux La Vallée Cap Classique. Deur Wilna Myburgh
Maak 4 suigysies
Bestanddele
45 ml water
45 ml strooisuiker
5 ml suurlemoensap
410 g blik lietsjies, gedreineer
Metode
1 Berei 4 x 125 ml papierhorinkies voor deur dit met kleefwerende spuitmiddel te spuit. Plaas dit regop in koppies of glase.
2 Plaas water, suiker en suurlemoensap in kastrol oor lae hitte en roer tot suiker oplos.
3 Prut stadig vir vier minute.
4 Puree lietsjies in voedselverwerker. Voeg lietsjies by suikerstroop en meng goed.
5 Verdeel lietsjiemengsel tussen voorbereide houers. Plaas dit op gelykvlak in vrieskas en vries vir een uur. Plaas ‘n stokkie in die middel van elkeen en vries oornag. Verwyder uit houer en bedien met ‘n glas J.C. le Roux La Vallée.
Meer inligting
• Wil jy eerste weet wat nuus is by Die Huis van J.C. Le Roux? Gesels saam op Twitter @JCLeRoux.
• Dié resep kom van breadnbutter.
• Dié resep kom van breadnbutter.