Hierdie oulike soesji-balletjies is baie minder werk as soesji, maar heerlike afwisseling vir jou gaste.
Bestanddele
Rysmengsel
1 koppie soesjierys
1 koppie water
Soesjie-asyn
50 ml rys-asyn
5 teelepels bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel mirin
1 teelepel suurlemoensap
Geur
1 koppie gerasperde wortel
1 koppie gerasperde komkommer
1 koppie alfalfa-spriete, afgespoel
Sesamsaadjies vir bedekking
Sojasous, gepekelde gemmer en wasabi vir bediening.
Soos jou selfvertroue groei, eksperimenteer met jou eie geure. Moenie die balletjies te groot rol nie, die idee is dat jy dit heel in jou mond sit. As die mengsel aan jou hande kleef, vryf bietjie kookolie oor jou palms en vingerpunte.
Lees meer Klik hier om meer oor die sjef Daniel Jardim te lees!
Metode
1 Week die rys vir 20 – 30 minute in water en dreineer goed. Plaas die rys in ’n pot en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en kook vir 15 minute totdat die water geabsorbeer is.
2 Terwyl die rys kook, meng die asyn-bestanddele met die suiker totdat die suiker heeltemal opgelos het.
3 Laat die gaar rys eenkant staan vir 30 minute en roer dan die asynmengsel in.
4 Wanneer die mengsel afgekoel het, roer die wortel, komkommer en alfalfa in en maak klein balletjies uit die rysmengsel.
5 Rol in sesamsade en bedien in die tradisionele soesjie-manier met bakkies sojasous, gemmer en wasabi.
6 Vir afwisseling kan die wortel en komkommer ook met geroosterde en fyngemaalde pampoenpitte, fyngerasperde beet, Japanese brandrissiepoeier (shichimi) of mayonnaise vervang word.