4 Porsies
Bestanddele
8 sosatiestokkies
4 hoenderborsies, in blokke gesny
12 klein uitjies, gehalveer
1 groen soetrissie, ontpit en in blokke gesny
410 g (1 blik) appelkooshelftes, gedreineer
knypie sout en peper
Sous
60 ml (4 e) appelkoossap
45 ml (3 e) blatjang
125 ml (½ k) Caesar Vinaigrette-slaaisous
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Week sosatiestokkies in water vir twee uur.
2 Ryg hoenderblokke, uitjies, soetrissie en appelkooshelftes beurtelings op sosatiestokkies.
3 Sprinkel sout en peper oor en sit in gesmeerde oondbak van ongeveer 34 cm x 24 cm groot.
4 Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor sosaties.
5 Bedek oondbak met foelie en bak vir 30 minute. Verwyder foelie en bak nog 15 minute tot gaar.
6 Sit voor soos verkies.