Jy kan op maalvleis reken om altyd ‘n staatmaker te wees.
6 porsies.
Bestanddele
500 g (1 groot pak) lasagnevelle
3 groot eiervrugte, in dik skywe gesny
genoeg sout
genoeg olyfolie
Maalvleis
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
700 g beesmaalvleis
10 ml (2 t) koekmeel
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
410 g (1 blik) gekapte tamaties
10 ml (2 t) ligte bruinsuiker
1 ml sout
knypie swartpeper
Bolaag
250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
250 ml (1 k) Griekse jogurt
1 eier, geklits
1 ml sout
knypie swartpeper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Plaas eiervrugskywe in vergiettes en sprinkel sout oor.
- Laat staan vir 10 minute en spoel goed onder lopende water af.
- Druk eiervrugskywe met kombuispapier droog en braai in bietjie olyfolie tot net ligbruin. Skep uit.
- Hou eiervrugskywe eenkant tot benodig.
- Maalvleis Verhit bietjie olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
- Voeg soetrissie by en soteer vir drie minute tot sag.
- Voeg maalvleis by en soteer tot nie meer pienk nie.
- Roer koekmeel by. Voeg aftreksel, tamaties, bruinsuiker, sout en peper by. Laat oor matige hitte kook tot vloeistof effens verdik, ongeveer 15 minute.
- Bolaag Meng maaskaas en jogurt. Roer geklitste eier, sout en peper by.
- Skep bietjie van bolaagsous in oondbak en pak laag lasagnevele langs mekaar op bodem. Skep laag bolaagsous oor en volg met maalvleis en laag eiervrugskywe bo-op.
- Skep weer lagie sous oor. Herhaal bestanddele en eindig met bolaagsous.
- Sprinkel kaas oor en bak vir 45 minute.