Probeer dié springbokskenkel-resep deur sjef Ian Bergh van De Grendel Restaurant.
Porsies 4
Bestanddele
4 springbokskenkels (jy kan dit vervang met lamskenkels)
2 wortels, in skyfies gesny
2 uie, geskil en fyngekap
1 knoffelknol, horisontaal deurgesny
1 selderystok, in skyfies gesny
1 prei, gewas en fyngekap
2 liter beesaftreksel
1 bottel De Grendel Shiraz (of ’n ander soort indien jy nie jou hande op De Grendel kan lê nie)
Sout en peper
Opdiening
20 geroosterde baba-aartappels
’n halwe blomkool, opgedeel in blomsegmente.
8 geroosterde babatamaties
2 medium wortels, gesny en gerooster
Metode
- Voorverhit die oond tot 180ºC.
- Geur die skenkels met sout en peper. Plaas dit in ’n diep oondbak en rooster vir 30 – 45 minute of tot die skenkels goudbruin is.
- Haal uit die oond en voeg die wortels, uie, knoffel, selderystok, prei, beesaftreksel en rooiwyn by. Maak toe met tinfoelie en draai die temperatuur af na 160ºC.
- Plaas terug in die oond en bak vir 4 ure of tot die vleis van die been afval.
- Haal die skenkels versigtig uit die bak, verwyder die bene, hou eenkant warm.
- Kook die groente tot gaar, dreineer die groente deur ‘n sif en behou die water. Giet die vloeistof in ‘n klein kastrolletjie, verhit tot kookpunt oor matige hitte. Maak die sous dik met ’n bietjie mielieblom wat met water gemeng is.
- Proe die sous, geur na smaak indien nodig en hou eenkant warm.
- Plaas die aartappeltjies, blomkool, tamaties en wortels op ’n opdienbord.
- Plaas die vleis in die middel en giet van die sous bo-oor. Bedien dadelik.