Hierdie sampioenslaai is ‘n regte bederf! Maak dit gerus as ‘n bykos
4 porsies
Bestanddele
SLAAI
125 ml (½ k) wynasyn
125 ml (½ k) olie
60 ml (4 e) suiker
knypie sout
2,5 ml (½ t) knoffelhuisie, gekap
knypie swartpeper
knypie droë basiliekruidblare
knypie droë gemengde kruie
500 g (2 pakkies x 250 g) knopiesampioene, skoon gevee
5 ml (1 t) suurlemoensap
AFRONDING
4 grasuie, fyn gekap
swartpeper, pas gemaal
Metode
1. Slaai: Sit alle bestanddele in kastrol behalwe sampioene en suurlemoensap.
2. Laat vloeistof tot kookpunt verhit. Skakel stoofplaat af.
3. Voeg sampioene en suurlemoensap by. Laat 5 min. op warm stoofplaat staan.
4. Verwyder kastrol van stoofplaat. Dreineer sampioene. Behou bietjie van sous wat in kastrol gebruik is.
5. Skep sampioene in slaaibak en giet bietjie van sous bo-oor.
6. Afronding: Sit slaai saam met grasuie en swartpeper voor.