1 groot koek
Bestanddele
KOEK
250 g (1 pakkie) ontpitte pruimedante
250 g (½ blok) botter, sag
250 ml (1 k) strooisuiker
2 eiers
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) gemengde speserye
2,5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) melk
VERSIERSEL
60 ml (4 e) botter
375 ml (1½ k) versiersuiker
2,5 ml (½ t) vanielje
60 ml (4 e) maaskaas
50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Kook pruimedante in bietjie water tot sag. Dreineer, ontpit en snipper.
2. Room botter en suiker tot liggeel en donserig. Klits eiers een vir een by.
3. Sif meel, bakpoeier, speserye en sout.
4. Roer meel en melk beurtelings by eiermengsel.
5. Roer gesnipperde pruimedante by..
6. Skep deeg in tuitvormige koekpan.
7. Bak 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
8. Versiersel: Room botter en voeg versiersuiker by. Klits tot romerig. Voeg vanielje by.