4 porsies
Bestanddele
SLAAI
2 spanspekke
4 hoenderborsies, gaar en in blokkies gesny
50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
6 grasuie, gekap
blaarslaai
SLAAISOUS
75 ml (5 e) geroomde maaskaas
30 ml (2 e) mayonnaise
5 ml (1 t) melk
15 ml (1 e) strooisuiker
Metode
1. Slaai: Sny spanspekke in kwarte. Sny skil af en verwyder pitte. Hou in yskas tot benodig.
2. Sny twee skywe spanspek in blokkies.
3. Meng blokkies spanspek, hoender, seldery, neute en grasuie bymekaar. Hou in yskas tot koud. Hou blaarslaai eenkant.
4. Slaaisous: Meng bestanddele vir sous bymekaar.
5. Sit blaarslaai op opdienbord. Plaas spanspekskywe daarop en skep hoendermengsel daarin.
6. Sit saam met slaaisous voor.