Hierdie resep vir beskuit maak ongeveer 60 stukke
Bestanddele
- 1,5 kg bruismeel
- 5 ml (1 t) sout
- 250 g (½ blok) botter, gesmelt
- 375 ml (1½ k) suiker
- 1 l (4 x 250 ml) karringmelk
- 3 eiers
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Sif meel en sout saam in mengbak.
2. Roer suiker en karringmelk by effens afgekoelde botter.
3. Klits eiers en roer by karringmelkmengsel.
4. Roer karringmelkmengsel by meelmengsel tot gemeng.
5. Skep deeg in 2 groot gesmeerde broodpanne.
6. Bak vir 30 min. Stel temperatuur af na 160 °C en bak vir nog 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7. Keer op afkoelrak uit en sny in stukkies.
8. Droog beskuit teen 70 °C uit vir minstens 5 uur. Kyk of beskuit droog is anders verleng uitdroogtyd.