Bestanddele
KOEK
100 g donkersjokolade
125 g (¼ blok) botter
375 ml (1½ k) sagte bruinsuiker
3 eiers
5 ml (1 t) vanielje
5 ml (1 t) koeksoda
500 ml (2 k) bruismeel
knypie sout
250 ml (1 k) suurroom
60 ml (4 e) water
VERSIERSEL
100 g donkersjokolade
60 ml (4 e) gewone jogurt
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Smelt sjokolade en hou eenkant.
2. Room botter met elektriese klitser. Voeg suiker en eiers by. Klits ongeveer 5 min. saam.
3. Voeg gesmelte sjokolade, vanielje en koeksoda by.
4. Sif meel en sout.
5. Roer room en water saam. Roer meel en roommengsel beurtelings by eiermengsel.
6. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan.
7. Bak vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
8. Laat bietjie in koekpan afkoel, keer dan koek op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
9.Versiersel: Smelt sjokolade en roer jogurt by.
10. Smeer sjokolade oor koek en versier soos verkies.
Wenk: Maak jogurt effens warm in mikrogolfoond anders raak versiersel baie gou styf.