Bestanddele
DEEG
250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
250 g (½ blok) botter, baie sag
500 ml (2 k) koekmeel
VULSEL
45 ml (3 e) botter
2 uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) witwyn
8 hoenderborsies
knypie droë gemengde kruie
sout en peper na smaak
knypie naeltjies
125 ml (½ k) klein skulpiepasta
30 ml (2 e) botter
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
60 ml (4 e) koekmeel
380 g (1 groot blik) ingedampte melk
Metode
Stel oond op 180 °C
1. Deeg: Roer maaskaas en botter bymekaar tot gemeng. Roer by meel en meng tot deeg.
2. Plaas in yskas tot benodig.
3. Vulsel: Soteer uie en knoffel in botter tot sag. Voeg aftreksel, wyn, hoender, kruie, sout, peper en naeltjies by.
4. Kook tot hoenderborsies gaar is, ongeveer 45 min.
5. Skep hoenderborsies uit en vlok. Laat aftreksel, sonder deksel, met amper die helfte afkook. Roer pasta by. Verwyder van hitte.
6. Verhit botter in ander kastrol en soteer sampioene daarin tot sag.
7. Roer koekmeel by sampioenmengsel en ook ingedampte melk, afgekookte aftreksel met pasta in en gevlokte hoender. Kook vir 15 min. of tot dik.
8. Skep hoendervulsel in twee gesmeerde oondbakke.
9. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit en plaas bo-oor vulsel.
10. Bak vir 35 tot 40 min. of tot goudbruin.