ongeveer 12 groot kolwyntjies
Bestanddele
KOLWYNTJIES
4 eiers
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) melk
60 ml (4 e) olie
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
7,5 ml (1½ t) vanielje
VERSIERSEL
bietjie kookwater
1 houertjie sjokoladepoeierkleursel van jou keuse
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
eetbare silwer balletjies
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Kolwyntjies: Klits eiers en suiker tot liggeel.
2. Verhit melk en olie tot louwarm en hou eenkant.
3. Sif meel, bakpoeier en sout.
4. Roer melk en gesifte meel beurtelings by eiermengsel.
5. Roer tot glad en goed gemeng.
6. Roer vanielje by.
7. Plaas groot muffinpapiertjies in groot muffinpannetjies.
8. Skep muffinpapiertjies net meer as halfvol beslag.
9. Bak vir 20 min. of tot gaar in middel.
10. Laat afkoel en versier.
11. Versiersel: Meng kookwater en poeierkleursel en giet by versiersuiker. Meng tot versiersel redelik dik, maar steeds effens loopbaar is.
12. Smeer oor kolwyntjies en laat effens van rande afloop.
13. Sprinkel silwer balletjies bo-oor.
Wenke
Om die troukoek op foto te maak het ons 8 keer die resep gemaak.
Die groot muffinpapiertjies is spesiaal by Partyworld (012 348 2324) bestel.
Gewone grootte muffinpapiertjies kan ook gebruik word. Jy sal ongeveer 24 kolwyntjies uit die resep kry en dieselfde hoeveelheid versiersel gebruik.
Die glasskywe is 4 mm dik en in groottes van 12 cm, 18 cm, 24 cm en 30 cm gesny. Gebruik sjerrieglasies tussen die glaslae. Sit drie bymekaar in die middel en ook ’n paar om die kante van elke laag. Onder die glasskyf is vier sterk glasbakkies as voetstuk gebruik.